Golf Days

April Events:

12:      HENRED GHOLFDAG;  baan gesluit vir besoekers

13:      NOMADS GHOLFDAG

18:      WES TRANSVAAL MEDICS

21,22:      KLUB KAMPIOENSKAPPE, sien inligting hieronder.

27,28,29: Langnaweek “special” R350 pp speelgeld en deel-karretjie ingesluit.

FEBRUARIE 2018

Beste Organiseerder

Hiermee bied ons met trots ons pragtige gholfbaan, Vaal de Gráce, aan as keuse vir jou volgende gholfdag.

Ons, as nuwe eienaars en bestuur, is self huiseienaars hier – vandaar ons ekstra passie en entoesiasme. Vaal de Gráce is pas 10 jaar oud en ons het dit vir ons as doelwit gestel om hierdie spesiale baan weer terug te bring na die top tien bane in die land, soos dit aanvanklik was .
Sedert ons in Oktober begin het, het daar al baie gebeur. Die Baan is opgegradeer; fasiliteite soos die toiletgeriewe op die Baan, Klubhuis en saal, is verbeter; die gholfkarretjies is almal gediens en het nuwe bande en batterye; ons het gekwalifiseerde personeel aangestel; ons het stelsels in plek gesit om besoekers aan Vaal de Gráce ‘n ervaring te bied wat hulle weer sal laat terugkom.

Vir jou gholfdag, bied ons die volgende:
• ‘n Kampioenskap Baan ontwerp deur Nick Price. Die baan is gebruikersvriendelik vir dames, hoë voorgee’s, bied ‘n uitdaging vir goeie spelers en is bedoel as ‘n gholf- ervaring in pragtige natuurskoon – daarom is dit so geskik vir gholfdae.
• Onthaal fasilitiete met ‘n informele klubhuis op die rivier, en ‘n goed toegeruste saal wat met gemak 150 mense om tafels kan akommodeer.
• Ons beskik oor ‘n dranklisensie, kombuis en genoegsaam personeel wat kan voorsien in julle behoeftes.
• Ons bied ‘n aantreklike speelfooi pakket vir groepe aan, naamlik R100 per speler en karretjies @R120 per persoon wat deel. Stapkarretjies is ook beskikbaar en ons kan ekstra karretjies inhuur soos nodig.
• Borge het genoegsaam blootstelling en gemaklike toegang tot borg-gaatjies en is  welkom op ons baan.

Mens kan alles so goed laat klink op papier … dit sal goed wees as julle vir ons kom kuier, sodat ons lekker kan beplan oor ‘n heerlike koppie koffie!
Gholf groete!

FEBRUARY 2018

Greetings Organiser
We are proud to present our beautiful golf course Vaal de Gràce, as first choice for your next golf day.
We as new owners and directors are all homeowners here, because of that we have a lot of enthusiasm towards the Club. We took over in October 2017 and there is a lot that has happened already. The golf course has been upgraded, the clubhouse, reception hall and facilities have been improved. The golf carts have all had full services and have and we now have fully qualified staff in the Pro Shop.
We are busy moving back to the time when Vaal de Gràce was one of the top 10 courses in South Africa. It is our passion to make all visitors and guests feel welcome so that they will come back again and again.
For golfdays we offer the following:
• A championship golf course designed by Nick Price. The course is in outstanding condition and offers a pleasant golfing experience in a beautiful environment all around the course and for that reason is perfectly suitable for golf days.
• The playing fee packages are perfect for bigger groups with rates at R100 a player. Golf carts are available at R250 for 2 players sharing. Pull carts are also available.
• Reception facilities are available at our informal clubhouse situated on the Vaal River and a function hall that can accommodate 150 people.
• The kitchen staff as well as other well- trained staff members will tend to all visitors needs and lovely food afterwards.
• Sponsors are welcome and can be assured of sufficient space and exposure. Sponsored holes can be reached easily.
• Vaal de Gràce is situated very central and is easily obtainable from Gauteng, Free State , North West and the Vaal Triangle.

Everything sounds good on paper but nothing describes the magic of the beautiful Island. Make an appointment and come and visit us, so that we can talk some more. We will gladly receive you!

Golf Greetings

Etienne, Werner, Johan and Elizabeth
Management: GOLF@VAALDEGRACE

[ai1ec cat_name="Golf Days" view="posterboard"]